Wednesday, August 18, 2010

NaRialand se ontstaan

Word hiermee in die wonderwereld welkom geheet
waar die wensdenkery my van swaarkry en hartseer laat vergeet.
Na jarelange onderdrukking en meul en maal
het NaRialand in 2007 demokratiese status behaal.
Die koninklike familiegeskiedenis is belangrik vir party
om begrip vir die ontsaan van die land te kry.
Spiros the Greek poet het met 'n Gypsy getrou
En dit na nege jaar in die huwelik berou.
Die enigste bate wat van die verbintenis sou kom
was twee dogters, Jiga Hiphop en die uwe, wat deur die jare sou blom.
Spiros het jare later met die Professor in die huwelik getree
en geniet sy nuutgevonde geluk en vrede terdee.
Met die voltooiing van onderrig en opvoeding aan die voet van die berg
het die nuwe fantasieland al hoe meer aandag geverg.
NaRialand het rollende valleie en stygende berge van prag
en is gevul met karakters wat niemand sal verwag.
Die gebeure van NaRialand word met belanghebbendes gedeel
om die die stukkende plekke van die lewe te heel.
Tot volgende keer, waar U van die ander karakters sal ontmoet
word U nou in die liefde en vrede van NaRialand gegroet.

6 comments:

  1. NaRialand is 'n betowerende plek, moet wel se al die mense daar is gek!

    ReplyDelete
  2. Ek love NaRialand! Dankie vir die welkom kommitee, kan nie wag om meer van die karakters te hoor nie, veral van die Pienk Paalerina!

    ReplyDelete
  3. Dis die beste droomland vir almal wat Naria ken. As jy haar nie ken nie kan jy nie deel wees daarvan nie. Darm is ek die KONING!!!!!

    ReplyDelete
  4. Haai meisiekjent..

    Welkom aan die Fairy Godmother ook.
    Mag jy jare se vreugde vind in die droomland van jou.

    P.S. ,ag niemand jou wakker maak nie

    ReplyDelete
  5. Jou kreatiwiteit ken geen perke nie!!!

    ReplyDelete
  6. NaRialand is 'n wonderlike plek wat hierdie week gereeld besoek gaan word maar ons wag vir 'n wonderlike opvolg in die betowerende wereld van NaRialand.

    ReplyDelete