Monday, August 23, 2010

Die Binnekring

'n Vier vormige ledetal skep NaRialand se binnekring
wat die liefde, humor en vriendskap in hierdie misterieuse land bring.
Die Khaki Koning is die boerseun aan my koninklike sy
en het sedert die Groot Wind van 2007 sy plek in NaRialand gekry.
Bowen sy plek aan hoof van die rojale kroon
is die Khaki Koning ook die Minister van alles wat die natuur bewoon.
Mr-I'm-a-professional-actor-man durf die lewe dapper aan,
om met sy talente die wereld in verbasing te laat staan.
Hy is 'n jarelange skoolvriend en NaRialand se eie Charlize
en leef sy professionele lewe volgens: "Let me entertain you, please."
Die twee hoofadviseurs van die koninklike hof
word ook hier genoem met die grootste lof.
Die Kommin Juffrou se naam is in teenstryd met haar aard,
want sy is alles behalwe eenvoudig en haar humor is 'n vlymskerp swaard.
Sy is moederlik en haar hart is baie ruim,
Sy is altyd logies en sal nooit in haar plig versuim.
Die Skoolhoof is formidabel, gedrewe en sterk
wat weet hoe drie seunskinders se koppe werk.
Tog is haar hart klein, warm en sag.
Sy is 'n rebel en sy is niks wat enige iemand verwag.
Kwaliteit bo kwantiteit beskryf NaRialand se binnekring
wat beteken dat dit moeilik is om hierdie groep binne te dring.
Tot volgende keer, waar U die kabinet sal ontmoet,
word U nou in die liefde en vrede van NaRialand gegroet.

5 comments:

  1. Ek is gelukkig met my profiel baie dankie koninging
    Over and out
    Kommin juffrou(Wat nie eintlik so kommin is nie!)

    ReplyDelete
  2. Jou mooi woorde het hierdie Skoolhoof se sagte hart geraak. Baie dankie koninging DIT IS 'N GROOT PLESIER OM SAAM MET MY MEDE LEDE IN NARIALAND SE BINNEKRING TE DIEN.

    Lief julle baie
    Die Skoolhoof.

    ReplyDelete
  3. A W E S O M E ! ! ! !
    Groot Verseboek hier kom ons!
    Dit is regtig goed NaRia!
    Gaan nou vir my vakhoof se ek wil dit met my Afrikaansklas doen!

    Juffrou M.F.

    ReplyDelete
  4. Bedankings aan alle belanghebbendes van NaRialand.
    Dit word deur die koninging hoog geag.
    Wees in die opkomende week op die uitkyk vir die bekendstelling van die kabinet.
    Groete, NaRialand se hoogste gesag.

    ReplyDelete